Meer duidelikheid oor 'krediet-amnestie'

 

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het Woensdag meer duidelikheid gegee oor “krediet-amnestie”, ’n kredietrekordregulasie wat verlede maand in werking getree het.

“Die verwydering van ongunstige verbruikerkredietinligting en inligting rakende betaalde vonnisse het op 1 April in werking getree,” het Nomsa Motshegare, die uitvoerende hoof van die NKR, in ’n verklaring gesê.

“Dit beteken alle geregistreerde kredietburo’s moes van 1 April af ongunstige verbruikerskredietinligting van hul stelsels verwyder. Dit geld vir ’n tydperk van twee maande, tot einde Mei 2014.”

Die inligting wat van profiele verwyder moes word, sluit in die klassifikasie van verbruikersgedrag – soos “oortreder, wanbetaler, stadige betaler of droster” – en afdwingingsaksie soos “oorhandig vir insameling, regsoptrede of afskryf”.

Kredietburo’s moes ook besonderhede en uitslae verwyder van dispute wat verbruikers aanhangig gemaak het, ongeag die uiteinde.
Nomsa sê betaalde sivielehof- of wanbetalingvonnisse moet ook van kredietrekords verwyder word. “Wanneer ’n verbruiker die vonnisskuld betaal het, moet die kredietverskaffer die kredietburo binne sewe dae ná ontvangs van die betaling daarvan in kennis stel,” sê sy.

“Dan moet die kredietburo binne sewe dae nadat hulle bewys van betaling ontvang het, die vonnis van die verbruiker se kredietrekord verwyder.”

Nomsa het egter gemaan verbruikers bly vir hul skuld verantwoordelik, al het hulle ’n skoon rekord gekry. Ná twee maande sal die stelsel terugkeer soos hoe dit was, het die NKR gesê.

Map of Imvusa Debt Help

Contact Us

Tel:   0861 333 551
Email: info@imvusadebthelp.co.za
   
Address: Unit A14, Block A
  N1 City Mews
  Goodwood
  7460
   
Trading Hours: Monday to Friday
  08:00 - 16:00

Newsletter Subscription

Signup for our newsletters to be kept up to date and for more information.

 

Join Us On Our Social Networks

Join Us On FacebookView Imvusa Debt Help Linked In Account and Join usJoin Us On Youtube